Dié Houtkapper Kap In My Bos

Photo by Jessica Favaro on Unsplash


Die gekwetter en geknaag van die houtkapper, daar doer in die verte, roer ’n hartsnaar. 

Die reuk van die basiliekruid laat ’n sensoriese voetspoor. 

Kraakvars. 

Somers in die berge waar net die hane se kraai ’n voorstelling van dag en datum is.

Vroeg op. 

Laat in die kooi. 

Ons kort nie rus. 

Die skoonlug vul ons longe. Die suurstof hardloop deur ons are.

Dit is nou die tyd van jonk wees. Dit is nou die tyd van lag.


Ons bekyk die sterre.

Ons wonder, was Huisgenoot dan nog altyd reg? 

Die is die tyd van saam baljaar, van tokkel op n geleende kitaar.


Kap, Kap, Kap. 

Die houtkapper kom nader en nader, al knaend met geen bejammering. 

Kom Wendy. Dit is tyd. Tyd vir ons regte sprokie om te begin. 


Comments

Popular Posts